Jakobus 2:26 - Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood. ~~*~~ Jesaja 49 vers 16 - Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My. ~~*~~ Jesaja 32:17 - En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. ~~*~~ Jakobus 14: 7 - 8 - Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande,  sondaars en reinig julle harte huigelaars. ~~*~~ Jesaja 41 vers 10 - Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou ~~*~~ Spreuke 23: 17 - 18 - Moenie afgunstig wees op sondaars nie: wees altyd ywerig om die Here te dien: dan sal jy ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie ~~*~~ Spreuke 18 vers 8 - Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik ~~*~~ II Timoteus 2:15 - Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. ~~*~~ Psalms 116:1,2 - Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge, want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. ~~*~~ Matteus 17:20 - En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. ~~*~~ Johannes 3:16 - Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. ~~*~~ Filippense 1:6 - omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; ~~*~~ Psalm 139 vers 4 - Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. ~~*~~ 1 Kor. 3 : 9 - Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God ~~*~~ Johannes 14:21-24 - Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. ~~*~~ Psalm 68 vers 21 - God is vir ons die God wat ons red, die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar. ~~*~~ Efesiers 2: 8 - Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.  Hierdie redding kom nie uit julleself nie;  Dit is 'n gawe van God….. ~~*~~ 1 Petrus 1:6-9 - Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. ~~*~~ Psalm 121 vers 5 - Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. ~~*~~ Jesaja 30:15B - Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie ~~*~~ Mat. 11:28-30 - Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sah en my las is lig. ~~*~~ Spreuke 18 vers 8 - Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik. ~~*~~ 1Kor. 3: 16 - 17 - Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle. ~~*~~ Psalm 149:1,3-5 - Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter. Want die HERE het ‘n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil. Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde. ~~*~~ Psalm 119 vers 35 - Laat my wandel volgens U gebooie, want daarin vind ek vreugde. ~~*~~ Psalms 71:14 - Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder. ~~*~~ Hebr. 13: 5 - Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het , God self het gesê: “ Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” ~~*~~ Psalms 119:11 - Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. ~~*~~ Johannes 14 vers 13 - Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. ~~*~~ Romeine 8:38,39 - Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. ~~*~~ I Johannes 4:21 - En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê. ~~*~~ Aangeraak en gereinig - Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en 'n gloeiende kool met 'n tang opgetel. Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: "Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe." (Jes. 6:6-7) ~~*~~ Johannes 1:1,14 - In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. ~~*~~ Psalm 9: 10 - 11 - Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug: ‘n skuilplek in die tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here laat dié wat vra na U wil, nie in die steek nie. ~~*~~ I Johannes 5:4 - Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. ~~*~~ 1Kor. 13 : 13 - En nou: geloof, hoop en LIEFDE bly, hierdie drie.  En die grootste hiervan is die LIEFDE. ~~*~~ Psalm 9 vers 10 - Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. ~~*~~ 2 Timoteus 1:12B - Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe. ~~*~~ Openbaring 22 vers 21 - Die genade van die Here Jesus sal by almal wees. ~~*~~ Spreuke 12 vers 24 - Hardwerkende mense kom in magsposisies; lui mense word dwangarbeiders. ~~*~~ Openbaring; 22; 5 - Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer. ~~*~~ Romeine 15 vers 17 - In Christus Jesus is ek trots op wat ek in diens van God verrig. ~~*~~ Matteus: 28: 5 - 6 - Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het.” ~~*~~ Johannes 16:23B, 24 - En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. ~~*~~ Spreuke 4: 3,4 - Ek was ook eenkeer ‘n kind, my moeder se oogappel, haar enigste.  My vader het my toe ook geleer en vir my gesê: “Wat ek vir jou sê, moet jy vashou. My voorskirfte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.  ~~*~~ Johannes 15:7 - As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. ~~*~~ Klaagl. 3: 22 - 23 - Daar is geen einde aan Sy ontferming nie, dit is elke more nuut ~~*~~ Romeine 6:13 - En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. ~~*~~ Psalm 30: 5 - 6 - Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!! Waarlik sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank ~~*~~ 1 Timotheus 6 vers 10 - Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. ~~*~~ Hooglied 8 : 7 - “Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.” ~~*~~ Psalm 30: 5 - 6 - Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!! Waarlik sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank ~~*~~ Mattheus 28: 20 - “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” ~~*~~ Psalm: 23:6 - U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. ~~*~~ Johannes 14:13, 14 - En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. ~~*~~ Mattheus 5:7 - Geseënd is die wat barmhartig is want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. ~~*~~ Lukas 13:58 - Terwyl jy saam met jou teenstander op pad is hof toe, moet jy moeite doen om die saak met hom te skik, sodat hy jou nie voor die regter sleep en die regter jou aan die polisie  oorgee en die polisie jou in die tronk sit nie. ~~*~~ Jakobus 3 vers 10 - Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. ~~*~~ 1 Petrus 5 :7 - Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. ~~*~~ Jesaja 41 vers 10 - Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. ~~*~~ Rom.12: 12 - 13 - Verbly julle in die hoop; staan vas in die verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. ~~*~~ Spreuke van Salomo 3:12 - want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het. ~~*~~ Matteus 7:7 - Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. ~~*~~ Psalms 113:3 - Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word! ~~*~~ Filippense 4:7 - En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. ~~*~~ Joh.3: 21 - Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is. ~~*~~ Psalms 66:18,19 - As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie. Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed. ~~*~~ Jesaja 54:10 - Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, My vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou lief het. ~~*~~ Jerermia 29:11 - Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: Voorspoed en nie teenspoed nie: Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting. ~~*~~ Psalm 20 vers 6 - Ons sal juig oor u oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi. Mag die Here alles gee wat u vra. ~~*~~ Psalm 30: 5 - 6 - Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!! Waarlik sy toorn duur net %u2018n oomblik, maar sy goedheid lewenslank ~~*~~ Psalm 84:2-3 - Hoe lief het ek u Woning, Here Almagtige! Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die Lewende God. ~~*~~ Galasiers 5 vers 5 - Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. ~~*~~ 2 Samuel 22 vers 18 - God het my gered van my vyand wat sterk was, van my haters toe hulle vir my te magtig was. ~~*~~ 1Johannes 5:14, 15 - En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het. ~~*~~ Psalm. 13:6 - Ek hou vas aan U troue Liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.  Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. ~~*~~ Psalm 5: 13 - U laat dit goed gaan met die regverdige, Here, U goedheid beskerm hom soos 'n skild. ~~*~~ Spreuke 14 vers 21 - Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed. ~~*~~ Fil 4:12 -13 - Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is, van alles het ek ondervinding, om genoeg te he om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te he sowel as omgebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. ~~*~~ Josua 1 vers 5 - Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.. ~~*~~ Jesaja 6 vers 8 - Toe het ek die Here hoor vra: Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees? Ek het geantwoord: Hier is ek! Stuur my! (Is jy ook so gewillig?) ~~*~~ Joel 2 vers 21 - Jy moenie bang wees nie, ploegland, jy moet bly wees en juig, want die Here het 'n wonder gedoen. ~~*~~ Matteus 18:19,20 - Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. ~~*~~ I Johannes 3:16-18 - Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. ~~*~~ Openbaring 21: 20 - 21 - Hy wat hierdie dinge getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! Mag die onverdiende goedheid van die Here Jesus met julle almal wees. ~~*~~ Romeine 15 : 13 - Mag God, dié bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul. ~~*~~ 1 Johannes 4: 8 - “Wie nie lief het nie, het geen kennis van God nie, want God is Liefde.” ~~*~~ Psalm 116:17 - Ek wil U naam loof met 'n dankoffer, ek wil die Naam van die Here aanroep. ~~*~~ Psalm 7 vers 7 - Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie. ~~*~~ Matteus 24:35 - Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. ~~*~~ Kol. 4:2 - Volhard in die gebed! ~~*~~ Mattheus 5 : 3 - “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel.” ~~*~~ Matteus 9:17 - ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. ~~*~~ Psalm 32: 24 - Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm die wat aan Hom getrou is, maar die wat teen Hom opstandig is, straf Hy Swaar. ~~*~~ Romeine 6:23 - Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here. ~~*~~ Johannes 6 vers 54 - Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. ~~*~~ Johannes 6: 37 - Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom: en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie. Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat my gestuur het. ~~*~~ Jakobus 2 vers 1 - My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. ~~*~~ Josua 1 vers 5 - Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.. ~~*~~ Fil. 4: 4 - 7 - Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus ~~*~~ Matteus 6:5 - En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. ~~*~~ Spreuke 13 vers 4 - Die luiaard se honger word nie gestil nie; hardwerkende mense het meer as genoeg om te eet. ~~*~~ Handelinge 5vers 29 - Petrus en die ander apostels het geantwoord: 'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense. ~~*~~ Hebreers 4: 7 - Vandag as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie. ~~*~~ Johannes 6:63 - Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. ~~*~~ Fillipense 3: 10 - Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van Sy opstanding te ondervind en deel te hê aan Sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood. ~~*~~ Lukas 23: 47 - Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.” ~~*~~ Psalm 30: 5 - 6 - Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!! Waarlik sy toorn duur net %u2018n oomblik, maar sy goedheid lewenslank ~~*~~ Matt. 11:28 - Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal  julle rus gee. ~~*~~ Psalm 30: 5 - 6 - Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!! Waarlik sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank ~~*~~ Kyk na jou koning - Hy sê toe vir Joda: "Daar is julle Koning!" (Joh. 19:14) ~~*~~ Markus 11:22 - Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. ~~*~~ Jeremia 29 vers 12 - Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor ~~*~~ Psalm 59 vers 18 - Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God ~~*~~ Matteus 11:28-30 - Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig. ~~*~~ Johannes 15:4 - Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. ~~*~~ Eksodus 33 :14 - En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? ~~*~~ Psalm: 119:11 - Ek het U woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. ~~*~~ 1 Petrus 4:12, 13 - Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. ~~*~~ Jakobus 1:5-8 - En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie— so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. ~~*~~ Heilig! Heilig! Heilig! - Die serafs het mekaar toegeroep: "Heilig, heilig, heilig is die HERE, die Almagtige." (Jes. 6:3) ~~*~~ Psalm 135: 5 - 7 - “Ek weet die Here is groot, ons Here is verhewe bo al die gode.  Alles wat die Here wil, doen Hy, in die hemel en op aarde, in die see, in al die oseane. Hy laat die wolke opkom oor die horison, Hy maak weerligstrale vir die reën en bring die die wind te voorskyn.” ~~*~~ Lukas 22:31,32 - En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. ~~*~~ Romeine 12:1, 2 - Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. ~~*~~ 1 Petrus 1:6, 7 - Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; ~~*~~ I Tessalonisense 5:17 - Bid sonder ophou. ~~*~~ Psalm 119:130 - Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig. ~~*~~ Matteus 18:18, 19B, 20 - Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. ~~*~~ 2 Kronieke 20:21,22 - En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is. ~~*~~ 2 Johannes 1 vers 6 - Liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit Sy gebod dat julle in die liefde moet lewe ~~*~~ 1 Kor.14:1 - Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om God se boodskap te verkondig. ~~*~~ Eksodus 15:2 - Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. ~~*~~ Psalm 63 vers 5 - Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om U Naam te prys. ~~*~~ Jesaja 9: 5 - Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun  gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.   ~~*~~ Die openbarings 19:5b - Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot! ~~*~~ Psalms 150 - Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid! Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja! ~~*~~ Psalm 100:1,2 - ‘n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. ~~*~~ Matteus 26:39 - En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. ~~*~~ Matteus 22:37-40 - En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. ~~*~~ Psalm 34:10 - Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!!! Wie Hom dien, het geen gebrek nie. ~~*~~ Jesaja 55: 8 - Ek ontferm My oor jou met ‘n liefde wat nooit vergaan nie sê die Here, Jou Verlosser. ~~*~~ 1 Samuel 9:27 - Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan—en hy het verder gegaan—maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor. ~~*~~ Jeremia 33:3 - Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie. ~~*~~ Matteus 6:6,7 - Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. ~~*~~ Joh.15: 16-17 - “Julle het my nie gekies nie. Dit was Ek wat julle gekies het. En Ek het julle met ‘n doel gekies: julle moet ‘n vrugbare lewe vir God gaan leef. Ja, julle moet ‘n permanente verskil in hierdie wêreld gaan maak.” ~~*~~ Psalm: 119:11 - Ek het U woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. ~~*~~ Johannes 15:3 - Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. ~~*~~ Spreuke: 12: 23 - Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur 'n vriend; die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies. ~~*~~ Spreuke 30: 27 - Mense wat die wil van die Here doen, het ‘n afsku in iemand wat onwys optree: ‘n goddelose mens het ‘n afsku in dié wat reg  lewe.Mense wat die wil van die Here doen, het ‘n afsku in iemand wat onwys optree: ‘n goddelose mens het ‘n afsku in dié wat reg lewe. ~~*~~ Spreuke 10 vers 4 - 'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak. ~~*~~ Spreuke 4: 9-10 - Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As een val kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. ~~*~~ Romeine 12:9 - Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; ~~*~~ Psalm 59 vers 18 - Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God. ~~*~~ Spreuke van Salomo 3:5,6 - Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. ~~*~~ Mat. 4: 4 - Mens leef nie met van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom ~~*~~ Spreuke 12 vers 28 - Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe, dit is 'n pad wat nie na die dood lei nie. ~~*~~ Genesis 28 15 - Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ookal gaan. ~~*~~ Markus 11:24 - Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. ~~*~~ Spreuke 23: 17 - 18 - Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy ‘n toekoms hê, en jou hoop sal jou nie ontneem word nie. ~~*~~ I Johannes 4:11 - Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. ~~*~~ 1 Kor.15: 3 - 4 - Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die  Skrifte.  ~~*~~ Maleagi 3: 10 - Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in My huis kan wees, en toets My hierin sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. ~~*~~ God gee om - Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. (1 Pet.5:7) ~~*~~ Benut elke geleentheid - In julle vehouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. (Kol. 4:5) ~~*~~ Spreuke 4:18 - Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word totdat dit heeltemal dag is ~~*~~ Jeremia 18:4 - En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. ~~*~~ Markus 10: 14 - “Hy het vir hulle gesê: Laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” ~~*~~ Die God van vuur - Die HERE, die Lig van Israel en die Heilige Een, sal die vuur wees wat hulle vernietig. In een nag sal Hy daardie dorings en dissels verbrand. (Jes. 10:17) ~~*~~ 1 Petrus 4 vers 9 - Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. ~~*~~ Psalm 50 : 23 - Die mens wat My eer, is die een wat lof as ‘n offer bring.  Hy wat reg lewe, vir hom sal ek red. ~~*~~ Spreuke 29: 7 - 'n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense, 'n goddelose mens het nie begrip vir hierdie besorgdheid nie. ~~*~~ Psalm 73 vers 25 - Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. ~~*~~ Halleluja Lied 35:1 - Die Heiland is gebore in stille Betlehem. By blye engelsange voeg ek my hart en stem. So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun, Sy Enige gegee het as Middelaar en Steun.  ~~*~~ Mattheus 10:42 - Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy belonging kry . Dit verseker Ek julle. ~~*~~ 1 Kor. 12: 4-6 - Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee: daar is ‘verskeidenheid van bedieninge, daar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee. Dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. ~~*~~ Psalm 84 vers 9 - Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob ~~*~~ Filippense 3 vers 13 - Ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek, ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. ~~*~~ 1 Pet. 5:7 - Werp al julle bekommernisse op hom, want Hy sorg vir julle. ~~*~~ I Petrus 2:2 - Verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei ~~*~~ Spreuke 14 vers 20 - 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende. ~~*~~ Pred. 2:13 - Dit het ek wel ingesien dat dit ‘n mens meer baat om wysheid te hê as om dit nie te hê nie, net soos lig ‘n mens meer baat as duisternis. ~~*~~ Psalm 73 vers 25 - Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie ~~*~~ Spreuke 19:20 - Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan he ~~*~~ Jakobus 1 : 2 - 3 - Julle moet baie bly wees as allerlei beproewings oor julle kom, want soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. ~~*~~ Matteus 4:4 - Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. ~~*~~ Psalm 59: 17 - Maar ék sal sing van U mag, elke môre sal ek jubel oor U trou, want U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood. ~~*~~ Psalms 40:1 - Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; ~~*~~ I Timoteus 2:8 - Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis. ~~*~~ I Johannes 5:14,15 - En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het. ~~*~~ 1 Pet. 2:9 - Julle daarenteen, is die uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkonding van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na Sy wonderbare lig. ~~*~~ Hebreers 13: 2 - Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. ~~*~~ Jesaja 65:24 - En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. ~~*~~ Romeine 5:1 - Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; ~~*~~ Mal. 3: 10 - Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak nie. ~~*~~ Jesaja 46:4 - “Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.” ~~*~~ Spreuke 3 vers 3 - Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. ~~*~~ Deuteronomium 28: 9 - As jy die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen, sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy met ‘n eed aan jou beloof het. ~~*~~ Spreuke: 29: 22 - 23 - ’n Opvlieënde mens veroorsaak rusie: iemand war kort van draad is , doen sonde op sonde. Hoogmoed bring mens tot ‘n val: nederigheid bring eer. ~~*~~ I Johannes 3:22 - en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. ~~*~~ Johannes 15 vers 5 - Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. ~~*~~ Psalm 119:16 - Ek verlustig my in u voorskrifte, U word vergeet ek nie. ~~*~~ Esegiel 36 vers 26 - Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. ~~*~~ Matteus: 19: 14 - Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle. ~~*~~ Filippense 3:13, 14 - Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. ~~*~~ Openbaring 3 vers 20 - Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou en hy saam met My. ~~*~~ Psalm 146 vers 3 - Moenie op magtiges vertrou nie, nie op 'n mens nie; hy kan jou nie red nie ~~*~~ Psalm 119 vers 1 en 2 - Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. ~~*~~ Jesaja 30 vers 19(b) - Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. ~~*~~ Psalm 30: 5 - 6 - Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!! Waarlik sy toorn duur net %u2018n oomblik, maar sy goedheid lewenslank ~~*~~ I Johannes 4:7,8 - Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. ~~*~~ Romeine 8:26,27 - En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. ~~*~~ Jeremia 29:13 - En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. ~~*~~

'n Christusfamilie wat anders leef

Error message

Notice: Undefined offset: 0 in counter_get_browser() (line 70 of /var/www/albertonsuid.com/www/html/sites/all/modules/counter-7.x-1.0-beta3/counter/counter.lib.inc).

Omgeegroepe



Een van die grootste uitdagings wat kinders van die Here vandag ervaar, is om in vandag se tyd, Christus se lewe uit te leef EN ’n verskil te maak. Dis tog een van die hoof maniere hoe Jesus se liefde op aarde bly groei. Maar dit is nie maklik nie.  Dit sou fantasties gewees het om soos Jesus se dissipels, sy leringe te kon meemaak toe Hy hier op aarde geleef het.

Dis juis oor dié behoefte dat ons in baie kerke  ’n kern van kleiner gefokusde groepe vind, in Alberton-Suid huidig 13 groepe. Hier leer ons by mekaar hoe om Jesus se opdragte prakties uit te voer. Ons leer en oefen hoe om mekaar lief te hê en meer nog ... hoe om ander lief te hê, soos Hy ons liefhet (Joh. 13:34)

Om SAAM in Jesus se Naam te kan staan, en leer en doen, is ’n wonderlike onmisbare voorreg en ervaring.

As jy so gelei word, kom klop aan en word deel van sy dissipelkring!

Kontakpersoon:  Rentia Human – rentia@albertonsuid.com  (Sy het net die regte selgroep vir jou!)