1 Kor. 12: 4-6 - Daar is ?n verskeidenheid van genadegawes - maar dit is dieselfde Gees wat dit gee: daar is ?verskeidenheid van bedieninge - daar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee. Dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. † Johannes 6:63 - Dit is die Gees wat lewend maak - die vlees is van geen nut nie die woorde wat Ek tot julle spreek - is gees en is lewe. † 1 Timotheus 6 vers 10 - Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. † Matteus 9:17 - ?n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ?n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. † Kol. 4:2 - Volhard in die gebed! † Die God van vuur - Die HERE - die Lig van Israel en die Heilige Een - sal die vuur wees wat hulle vernietig. In een nag sal Hy daardie dorings en dissels verbrand. (Jes. 10:17) † Jesaja 41 vers 10 - Moenie bang wees nie - Ek is by jou - moenie bekommerd wees nie - Ek is jou God. Ek versterk jou - Ek help jou - Ek hou jou vas - met my eie hand red Ek jou. † Johannes 16:23B - 24 - En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar - voorwaar Ek s? vir julle - alles wat julle die Vader sal vra in my Naam - sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang - sodat julle blydskap volkome kan wees. † Psalm 59 vers 18 - Tot u eer wil ek sing - U - my Sterkte - want U is my veilige vesting - U is my troue God. † Psalm 34:10 - Julle wat aan die Here behoort - dien Hom!!! Wie Hom dien - het geen gebrek nie. † Joh.15: 16-17 - ?Julle het my nie gekies nie. Dit was Ek wat julle gekies het. En Ek het julle met ?n doel gekies: julle moet ?n vrugbare lewe vir God gaan leef. Ja - julle moet ?n permanente verskil in hierdie w?reld gaan maak.? † Jeremia 29 vers 12 - Dan sal julle My aanroep - tot My kom bid - en Ek sal julle gebede verhoor † Spreuke: 29: 22 - 23 - ?n Opvlie?nde mens veroorsaak rusie: iemand war kort van draad is - doen sonde op sonde. Hoogmoed bring mens tot ?n val: nederigheid bring eer. † Klaagl. 3: 22 - 23 - Daar is geen einde aan Sy ontferming nie - dit is elke more nuut † Pred. 2:13 - Dit het ek wel ingesien dat dit ?n mens meer baat om wysheid te h? as om dit nie te h? nie - net soos lig ?n mens meer baat as duisternis. † Johannes 15 vers 5 - Ek is die wingerdstok - julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom - dra baie vrugte - want sonder My kan julle niks doen nie. † Romeine 15 vers 17 - In Christus Jesus is ek trots op wat ek in diens van God verrig. † Jesaja 65:24 - En voordat hulle roep - sal Ek antwoord terwyl hulle nog spreek - verhoor Ek. † Psalms 40:1 - Ek het die HERE lank verwag - en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor † Eksodus 15:2 - Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. † Jesaja 6 vers 8 - Toe het ek die Here hoor vra: Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees? Ek het geantwoord: Hier is ek! Stuur my! (Is jy ook so gewillig?) † 1 Petrus 4:12 - 13 - Geliefdes - verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien - asof iets vreemds oor julle kom nie maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus - moet julle bly wees - sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. † Matteus 17:20 - En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof want - voorwaar Ek s? vir julle - as julle geloof het soos ?n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s?: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan - en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. † I Johannes 5:4 - Want alles wat uit God gebore is - oorwin die w?reld en dit is die oorwinning wat die w?reld oorwin het - naamlik ons geloof. † God gee om - Gee al julle bekommernisse aan God oor - want Hy gee vir julle om. (1 Pet.5:7) † Mattheus 5:7 - Gese?nd is die wat barmhartig is want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. † Die openbarings 19:5b - Prys onse God - al sy diensknegte - en julle wat Hom vrees - klein en groot! † Jesaja 9: 5 - Vir ons is ?n Seun gebore - aan ons is ?n Seun? gegee Hy sal heers - en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman - Magtige God - Ewige Vader - Vredevors. ? † Mattheus 5 : 3 - ?Gese?nd is di? wat weet hoe afhanklik hulle van God is - want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel.? † Romeine 6:23 - Want die loon van die sonde is die dood - maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus - ons Here.

Ons Kerk

Ons glo God bou self sy kerk en bou ook aan ons!

Ons Kerk

MEER GOD!

Geskiedenis van die Kerk

Alberton-Suid het in 1966 afgestig van Alberton-Wes. Vanjaar vier ons 50 jaar van bestaan! Wat ’n voorreg en genade van God! ’n Gemeente wat so vêr kom gaan deur verskeie oorgangstye. In 1993 begin ons met kleingroepe. Vanaf 1999 het ons met vernuwing begin met die klem op lidmaatbemagtiging. Vanaf 2005 begin ons ’n reis van gestuurdheid. Die gemeente het aanvanklik klein begin met een leraar maar tans is daar drie. Nou is ons ’n gemeente wat wil anders leef as die familie van Christus. Die groot klem is op die vorming van volgelinge van Christus wat hulle geloof uitleef in die gemeenskap van Alberton. Ons glo God bou self sy kerk en bou ook aan ons!

Ons verwelkom ‘n nuwe Pastorale leraar.

Die Kerkraad het besluit om vanaf 1 Januarie 2019, vir ‘n tydperk van 3 maande vir Ds Johan Heyns as pastorale leraar aan te stel.  Ds Johan sal verantwoordelik wees vir die volgende aspekte van die bediening in die gemeente:

  • Hospitaal- en siekebesoeke na behoefte,
  • Sterftebegeleiding,
  • Senior-bediening waaronder berading van bejaardes, preekbeurte by die Tuiste vir Bejaardes en mini-kerk by Silwerkroon,
  • Bywoning van Senior selgroep byeenkomste soos nodig,
  • Beradingsdienste asook ander bedieningsdienste aan gemeentelede.

Ds Johan is nie totaal onbekend aan Alberton-Suid nie.  Hy was vanaf 1993 tot Mei 2018 die Leraar by Klipriviersberg gemeente in die suide van Johannesburg.  U as gemeente weet dat Alberton-Suid al vir baie jare ‘n pad stap met die Klipriviersberg gemeente en dat daar nog steeds gehelp word, selfs na die ontbinding van daardie gemeente.  In Desember het ons gemeentelede weereens kospakkies gaan uitdeel onder die gemeenskap en ons help ook maandeliks met sowat 20 sakke kruideniersware (Pak ‘n sak projek).

Ds Heyns is in 1989 gelegitimeer as predikant nadat sy studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi is.  Benewens die opleiding as predikant is hy ook gekwalifiseer as trauma berader, mediator, die opstel van ouerskap planne, beradingsentrumbestuur, mentorskap en die afneem van persoonlikheidsanalises.  Hy is ook as spesialis berader geregistreer by die Suid Afrikaanse Assosiasie van Pastorale Beraders en tree op as supervisor vir jong beraders.

Ds Johan en sy vrou, Adèle is reeds 30 jaar getroud en woon reeds meer as 14 jaar in Alberton.  Hulle het twee volwasse kinders, Maryke (wat getroud is met Gerhard) en hul seun Adriaan.  Hulle het ook twee hondekinders en geniet dit om as gesin saam te kuier, of wanneer wegbreek moontlik is om na die berge, die wildtuin of die kus uit te wyk.  Ds Johan is lief vir fotografie en lees, as die tyd dit toelaat.

Baie welkom aan die Heyns gesin.  Ons weet dat die Here ook hier in Alberton-Suid met julle ‘n pad wil stap en vir julle wil gebruik in Sy koninkryk.