Benut elke geleentheid - In julle vehouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. (Kol. 4:5) † Filippense 3:13 - 14 - Broeders - ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is - en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho? roeping van God in Christus Jesus. † 1 Kor.14:1 - Julle moet die liefde nastreef. L? julle toe op die gawes van die Gees - maar veral daarop om God se boodskap te verkondig. † Die God van vuur - Die HERE - die Lig van Israel en die Heilige Een - sal die vuur wees wat hulle vernietig. In een nag sal Hy daardie dorings en dissels verbrand. (Jes. 10:17) † Spreuke 18 vers 8 - Skinderstories word gretig verslind mense sluk dit so maklik. † Jesaja 46:4 - ?Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here - tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou - julle dra en julle red.? † Filippense 1:6 - omdat ek juis hierop vertrou - dat Hy wat ?n goeie werk in julle begin het - dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus † Johannes 15:3 - Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. † Psalm 59: 17 - Maar ?k sal sing van U mag - elke m?re sal ek jubel oor U trou - want U is vir my ?n veilige vesting - ?n skuilplek in tyd van nood. † Psalms 66:18 - 19 - As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart - sou die Here nie gehoor het nie. Waarlik - God het gehoor Hy het geluister na die stem van my gebed. † Matteus 17:20 - En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof want - voorwaar Ek s? vir julle - as julle geloof het soos ?n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s?: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan - en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. † Matteus 4:4 - Maar Hy antwoord en s?: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie - maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. † Deuteronomium 28: 9 - As jy die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen - sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy met ?n eed aan jou beloof het. † Psalm 34:10 - Julle wat aan die Here behoort - dien Hom!!! Wie Hom dien - het geen gebrek nie. † Matteus 18:19 - 20 - Weer s? Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra - dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader - daar is Ek in hul midde. † Jesaja 55: 8 - Ek ontferm My oor jou met ?n liefde wat nooit vergaan nie s? die Here - Jou Verlosser. † Johannes 15:7 - As julle in My bly en my woorde in julle - sal julle vra net wat julle wil h? - en julle sal dit verkry. † Jakobus 1:5-8 - En as iemand van julle wysheid kortkom - laat hom dit van God bid - wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt - en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid - sonder om te twyfel want hy wat twyfel - is soos ?n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want di? mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie? so ?n dubbelhartige man - onbestendig in al sy we?. † Jeremia 18:4 - En die voorwerp wat hy besig was om te maak - het misluk?soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker?maar hy het daaruit weer ?n ander voorwerp gemaak soos dit in die o? van die pottebakker reg was om dit te maak. † Heilig! Heilig! Heilig! - Die serafs het mekaar toegeroep: Heilig - heilig - heilig is die HERE - die Almagtige. (Jes. 6:3) † Pred. 2:13 - Dit het ek wel ingesien dat dit ?n mens meer baat om wysheid te h? as om dit nie te h? nie - net soos lig ?n mens meer baat as duisternis. † Mattheus 10:42 - Wie aan een van hierdie geringstes net ?n beker koue water gee omdat hy my dissipel is - s?l sy belonging kry . Dit verseker Ek julle. † Romeine 15 vers 17 - In Christus Jesus is ek trots op wat ek in diens van God verrig. † Jesaja 30:15B - Want so s? die Here HERE - die Heilige van Israel: In terugkeer en rus l? julle heil - in stil wees en vertroue bestaan julle krag maar julle wou nie † Kol. 4:2 - Volhard in die gebed! † Fil 4:12 -13 - Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is - van alles het ek ondervinding - om genoeg te he om te eet sowel as om honger te ly - om oorvloed te he sowel as omgebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. † Psalm 59 vers 18 - Tot u eer wil ek sing - U - my Sterkte - want U is my veilige vesting - U is my troue God. † I Johannes 3:22 - en wat ons ook al bid - ontvang ons van Hom - omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. † Galasiers 5 vers 5 - Wat ons betref - deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo - vrygespreek sal word. † Psalm 119 vers 1 en 2 - Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.




Rekening Naam: NG Alberton Suid


Bank: ABSA


NG Alberton Suid


Rek Nr: 210580026


Takkode: 631142 / 632005