Waarskynlik het jy, nes ek, nie grootgeword met ‘n “Donker-Saterdag” nie. In sommige christentradisies is dit bekend as “Stil Saterdag” of “Heilige Saterdag.” Die dag strek van sonsondergang op Goeie Vrydag totdat die son kop uitsteek op Sondagoggend. Voor die Sabbat begin het, moes Jesus se liggaam van die kruis afgehaal wees; teen sonsondergang reeds weggebêre in die graf. Op die Sabbat mag niemand werk nie. Presies volgens die voorbeeld van God wat op die sewende dag gerus het.
Kan jy jou indink hoe verdwaas die dissipels daardie Sabbat moes voel? Alles was dus toe tog tevergeefs! Vandaar die naam “Stil-Saterdag.” Daarom dat Lydenstyd eers vandag tot ‘n einde kom. Die eggo van Jesus se sesde kruiswoorde (uit Joh 19:28-30) nog in almal se ore: “Dit is volbring!” In Grieks: “ Tetelestai .”
Maar kyk mooi na die woord: dit is ‘n oorwinningswoord. As daar ooit by ons gedagtes van twyfel bestaan, is dít die woord wat ons mag uitroep. As ons onseker of bang is, roep die woord uit: “Tetelestai.” Wat nodig was, is gedoen.
Jare gelede het Friedrich Nietzsche, ‘n bekende filosoof, gesê: “God is dood.” Mense het God doodgemaak. Dit voel soms so! Wáár is God dan? Maar nee, “ tetelestai !” Met dié woord het soldate destyds hul oorlogskreet geskreeu as hulle ‘n veldslag gewen het. Daarom was hierdie nie ‘n fluistering van Jesus nie - almal moes dit hoor: alles is afgehandel. Dit is volbring. Presies wat Jesus in Joh 17:4 in daardie laaste gebed van Hom gebid het: “ Ek het U verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. ”
Die kruis is christene se hoogtepunt. Vrydag is nie ‘n morbiede dag nie. Donkersaterdag ook nie. Tetelestai . Ons weet wat wag more. Wat belowe is, het gebeur!
Leef met oorgawe! Jy mag.
Op die laaste dag van Lydenstyd luister ons na Phil Wickham se treffer “Battle Belongs”.
Uit die liriek:
When all I see is the battle
You see my victory
When all I see is the mountain
You see a mountain moved
And as I walk through the shadow
Your love surrounds me
There’s nothing to fear now
For I am safe with You
So when I fight I’ll fight on my knees
With my hands lifted high
Oh God the battle belongs to You
And every fear I lay at Your feet
I’ll sing through the night
Oh God the battle belongs to You
And if You are for me
Who can be against me (yeah)
For Jesus there’s nothing
Impossible for You
When all I see are the ashes
You see the beauty (thank You God)
When all I see is a cross
God You see the empty tomb
Ronell gesels onder meer oor Psalm 31:6 wat deel was van ‘n Joodse wiegelied. Is dit nie die grootste ironie nie: ‘n wiegelied as ‘n doodslied?
Sy lees ook dié mooiste woorde waarop sy in haar navorsing oor die sewe kruiswoorde afgekom het. Dit is geskryf deur die bekende skrywer Max Lucado.
The voice that earlier screamed at God, `My God, My God,
Why have you forsaken me,' now says, `Father.'
The two are again one. The schism is now bridged.
Father.' 'It's over.'
Satan's vultures have been scattered. Hell's demons have been jailed.
Death has been damned.
The sun is out behind the clouds. "It's over.
An angel sighs.
A star wipes away a tear.
`Take me home.'
Yes, Take this prince to his king
Take this son to his father
Take this pilgrim to his home
(He deserves a rest.) "The battle is over."
So Jesus cried out with a loud voice--(not a whisper … nor a whimper) for all to hear his declaration, "Father, into your hands, I commit my spirit!"
Jy kan meer musiek vir Lydenstyd, met nog weergawes van “Houtkruis”, op ons speellys luister: https://bit.ly/skadumusiek
KURSUS
Onthou die tweede Lydenstyd-Sondag-webinaar van ons kursus is vandag (Sondag) met lees-material beskikbaar. Dit maak nie saak wanneer jy met ons kursus begin nie; jy doen dit op jou eie tyd. Lees gerus meer en registreer by https://ronellbezuidenhout.co.za/skadu
ONDERSTEUNING
Sou jy my digitale bediening finansieël wil ondersteun, gee ek graag my besonderhede. Baie baie dankie vir almal wat dit reeds doen!!
STANDARD BANK
Takkode: 051001
REK NO: 080042805
RM BEZUIDENHOUT