1 Pet. 2:9 - Julle daarenteen - is die uitverkore volk - ?n koninklike priesterdom - ?n nasie wat vir God afgesonder is - die eiendomsvolk van God - die volk wat die verlossingsdade moet verkonding van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na Sy wonderbare lig. † Maleagi 3: 10 - Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in My huis kan wees - en toets My hierin s? die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle re?n sal uitgiet - meer as wat julle kan gebruik nie. † Psalm 5: 13 - U laat dit goed gaan met die regverdige - Here - U goedheid beskerm hom soos 'n skild. † Aangeraak en gereinig - Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en 'n gloeiende kool met 'n tang opgetel. Hy het my lippe daarmee aangeraak en ges?: Kyk - hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe. (Jes. 6:6-7) † Johannes 15:4 - Bly in My - soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie - so julle ook nie as julle in My nie bly nie. † Jesaja 30 vers 19(b) - Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp - Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. † Johannes 16:23B - 24 - En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar - voorwaar Ek s? vir julle - alles wat julle die Vader sal vra in my Naam - sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang - sodat julle blydskap volkome kan wees. † Psalm 119 vers 1 en 2 - Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. † I Johannes 4:7 - 8 - Geliefdes - laat ons mekaar liefh? want die liefde is uit God - en elkeen wat liefhet - is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie - het God nie geken nie - want God is liefde. † 1 Johannes 4: 8 - ?Wie nie lief het nie - het geen kennis van God nie - want God is Liefde.? † Jesaja 49 vers 16 - Ek het jou naam in My handpalms gegraveer - Ek sien jou mure altyd voor My. † Romeine 6:23 - Want die loon van die sonde is die dood - maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus - ons Here. † Jesaja 54:10 - Berge kan padgee - heuwels kan wankel - maar My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie - My vredeverbond met jou sal nooit wankel nie - s? die Here - wat jou lief het. † Matteus 9:17 - ?n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ?n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. † Matteus 7:7 - Bid - en vir julle sal gegee word soek - en julle sal vind klop - en vir julle sal oopgemaak word. † Kyk na jou koning - Hy s? toe vir Joda: Daar is julle Koning! (Joh. 19:14) † Fil. 4: 4 - 7 - Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie - maar maak in alles julle begeertes deur gebed en danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan - sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus † Johannes 6 vers 54 - Wie my liggaam eet en my bloed drink - het die ewige lewe - en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. † Matteus 22:37-40 - En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefh? met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefh? soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. † 1 Kor.14:1 - Julle moet die liefde nastreef. L? julle toe op die gawes van die Gees - maar veral daarop om God se boodskap te verkondig. † Matteus 11:28-30 - Kom na My toe - almal wat vermoeid en belas is - en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My - want Ek is sagmoedig en nederig van hart - en julle sal rus vind vir julle siele want my juk is sag en my las is lig. † Jakobus 1:5-8 - En as iemand van julle wysheid kortkom - laat hom dit van God bid - wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt - en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid - sonder om te twyfel want hy wat twyfel - is soos ?n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want di? mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie? so ?n dubbelhartige man - onbestendig in al sy we?. † Rom.12: 12 - 13 - Verbly julle in die hoop staan vas in die verdrukking volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en l? julle toe op gasvryheid. † Filippense 3:13 - 14 - Broeders - ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is - en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho? roeping van God in Christus Jesus. † Romeine 8:26 - 27 - En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp - want ons weet nie reg wat ons moet bid nie - maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek - weet wat die bedoeling van die Gees is - omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. † 1 Timotheus 6 vers 10 - Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. † Romeine 5:1 - Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is - het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus † Hebreers 4: 7 - Vandag as julle sy stem hoor - moet julle nie hardkoppig wees nie. † Matteus 6:6 - 7 - Maar jy - wanneer jy bid - gaan in jou binnekamer - sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is en jou Vader wat in die verborgene sien - sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid - gebruik nie ?n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie - want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. † Psalm 9 vers 10 - Vir die mens wat in gevaar verkeer - is die Here 'n toevlug - 'n skuilplek in tye van nood.

 

 

Jeug Kinders

 


Geloofsvorming van Kinders.

 

Soos kinders vorder van doeke tot diplomas is daar een allesoorheersende saak waarvoor elke Christen-ouer te staan kom, naamlik die geestelike groei van ons kinders.  In Spreuke 22: 6 lees ons: “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy oud is nie daarvan afwyk nie”. 

 

Jy dink dalk nou: Wat dan van die kerk?  Is ons kinders se geestelike onderrig dan nie die kerk se verantwoordelikheid nie?. Dis mos darem waarvoor leraars opgelei word, nie waar nie?

 

Dis wel waar dat leraars God se Woord doeltreffend verkondig en gevolglik lig bring in baie lewens, maar hulle sal die eerste wees om vir jou te sê dat die geestelike onderrig van kinders nog nooit bedoel was om beperk te word tot ‘n enkele uur op ‘n Sondag nie.

 

Saam met kerkbywoning is geestelike onderrig ook bedoel om elke dag voor kinders uitgeleef te word deur hulle ouers en grootouers wat hulle liefhet.

 

Dink vir ‘n oomblik hoe die bywoningsyfers van ons kerke sou wees as elke persoon wat in die kerk grootgeword het, volgende Sondag kerk toe sou kom.  Die bestaande kerkgeboue sal nie eers naastenby almal kan huisves nie.  

 

In Deuteronomium 6 lees ons hoe ons veronderstel is om ons liefde vir God elke dag in die huis aan ons kinders oor te dra:  “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.  Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.  Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is, en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan” (Vers 5-7). 

 

Ons as gemeente wil aan u bevestig, dat ons saam met u “Ja” geantwoord het op die dag met u kind se doopbelofte.  Ons as gemeente wil saam verantwoordlikheid neem vir hul geestelike opvoeding, hul geloofsgroei, hul dissipelskap en hul reis met God. 

 

Maar daarvoor moet hulle hier wees om die “Goeie nuus” te kan hoor, om onderlinge gemeenskap te beleef, om sorg te gee en sorg te ontvang en saam hul mylpale in die lewe te vier. 

 

“Going to church doesn’t make you a Christian, any more than going to Mc Donalds makes you a hamburger” sal sommige sê.  Ons stem saam.  Dit is nie die leë kerkgebou wat ons vorm in die lewe nie, maar die boodskap wat ons in hierdie heilige ruimte hoor. 

 

Dit is een van die ruimtes waar God gekies het om ons bymekaar te versamel om Sy Woord te kan hoor en om toegerus te word.  Die erediens byeenkoms is ook die ruimte waar ons kan antwoord op God se liefde, deur uit dankbaarheid saam te sing en Hom te loof in gebed. 

 

Daarom, al is jou kinders woelig, al voel dit of jy nie veel van die boodskap inneem, of selfs dalk van die preek hou nie, is jy besig om ‘n gesonde geloofsgewoonte te vestig.  Kinders gaan jou voorbeeld dophou, en daarom wil ons jou as ouer en as grootouer eerstens aanmoedig om kerkbywoning ‘n prioriteit te maak.  Die kinders leer deur u voorbeeld. 

 

Tweedens wil ons u aanmoedig om u doopbelofte te onthou en uself vir hierdie jaar weer toe te wy.  Ons is vennote in u kind/ers se geloofreis, maar u as ouer bly die persoon wat primêre verantwoordelikheid neem vir hul geloofsgroei.  As gemeente wil ons alles in ons vermoë doen om u toe te rus, u te ondersteun en saam te reis.  Die huisgesin is die eerste ruimte waarin God Homself openbaar.  Daar waar julle in die kar ry, waar julle rondom die etenstafel sit, of selfs voor die televisie sit… daar is God teenwoordig. 

 

Daarom wil ons u aanmoedig om elke denkbare geleentheid aan te gryp om oor God met u kind/ers te gesels. 
In die volgende paar weke sal ons weekliks ‘n artikel in die blaadjie plaas oor die geloofsgroei van kinders.  Ons moedig u aan om saam te reis.

 

Ons hou dan ook hierdie jaar in Julie ‘n Gesinskonferensie waar ons sprekers en kundiges gaan nooi om te praat oor die vele eienskappe van ouerskap - onder andere sal ek ‘n sessie aanbied oor die verskillende Geloofsfases van kinders. 

 

Kom reis saam.  Hê saam pret.  Leer oor God op verskillende maniere- gedurende die Erediens en die gesinsoomblik, moedig u kinders aan om Loftjokkers, Lofland of Icon op Sondae by te woon en al die vele sosiale geleenthede en uitreikgeleenthede.  Kom hê saam pret by die dieretuin, reis saam deur Paasfees en ons Kinder-Paasfees reeks.   

 

Vrede
Ds Natalia Strydom