1 Pet. 2:9 - Julle daarenteen - is die uitverkore volk - ?n koninklike priesterdom - ?n nasie wat vir God afgesonder is - die eiendomsvolk van God - die volk wat die verlossingsdade moet verkonding van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na Sy wonderbare lig. † Maleagi 3: 10 - Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in My huis kan wees - en toets My hierin s? die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle re?n sal uitgiet - meer as wat julle kan gebruik nie. † Psalm 5: 13 - U laat dit goed gaan met die regverdige - Here - U goedheid beskerm hom soos 'n skild. † Aangeraak en gereinig - Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en 'n gloeiende kool met 'n tang opgetel. Hy het my lippe daarmee aangeraak en ges?: Kyk - hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe. (Jes. 6:6-7) † Johannes 15:4 - Bly in My - soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie - so julle ook nie as julle in My nie bly nie. † Jesaja 30 vers 19(b) - Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp - Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. † Johannes 16:23B - 24 - En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar - voorwaar Ek s? vir julle - alles wat julle die Vader sal vra in my Naam - sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang - sodat julle blydskap volkome kan wees. † Psalm 119 vers 1 en 2 - Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. † I Johannes 4:7 - 8 - Geliefdes - laat ons mekaar liefh? want die liefde is uit God - en elkeen wat liefhet - is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie - het God nie geken nie - want God is liefde. † 1 Johannes 4: 8 - ?Wie nie lief het nie - het geen kennis van God nie - want God is Liefde.? † Jesaja 49 vers 16 - Ek het jou naam in My handpalms gegraveer - Ek sien jou mure altyd voor My. † Romeine 6:23 - Want die loon van die sonde is die dood - maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus - ons Here. † Jesaja 54:10 - Berge kan padgee - heuwels kan wankel - maar My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie - My vredeverbond met jou sal nooit wankel nie - s? die Here - wat jou lief het. † Matteus 9:17 - ?n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ?n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. † Matteus 7:7 - Bid - en vir julle sal gegee word soek - en julle sal vind klop - en vir julle sal oopgemaak word. † Kyk na jou koning - Hy s? toe vir Joda: Daar is julle Koning! (Joh. 19:14) † Fil. 4: 4 - 7 - Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie - maar maak in alles julle begeertes deur gebed en danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan - sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus † Johannes 6 vers 54 - Wie my liggaam eet en my bloed drink - het die ewige lewe - en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. † Matteus 22:37-40 - En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefh? met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefh? soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. † 1 Kor.14:1 - Julle moet die liefde nastreef. L? julle toe op die gawes van die Gees - maar veral daarop om God se boodskap te verkondig. † Matteus 11:28-30 - Kom na My toe - almal wat vermoeid en belas is - en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My - want Ek is sagmoedig en nederig van hart - en julle sal rus vind vir julle siele want my juk is sag en my las is lig. † Jakobus 1:5-8 - En as iemand van julle wysheid kortkom - laat hom dit van God bid - wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt - en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid - sonder om te twyfel want hy wat twyfel - is soos ?n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want di? mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie? so ?n dubbelhartige man - onbestendig in al sy we?. † Rom.12: 12 - 13 - Verbly julle in die hoop staan vas in die verdrukking volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en l? julle toe op gasvryheid. † Filippense 3:13 - 14 - Broeders - ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is - en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho? roeping van God in Christus Jesus. † Romeine 8:26 - 27 - En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp - want ons weet nie reg wat ons moet bid nie - maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek - weet wat die bedoeling van die Gees is - omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. † 1 Timotheus 6 vers 10 - Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. † Romeine 5:1 - Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is - het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus † Hebreers 4: 7 - Vandag as julle sy stem hoor - moet julle nie hardkoppig wees nie. † Matteus 6:6 - 7 - Maar jy - wanneer jy bid - gaan in jou binnekamer - sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is en jou Vader wat in die verborgene sien - sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid - gebruik nie ?n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie - want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. † Psalm 9 vers 10 - Vir die mens wat in gevaar verkeer - is die Here 'n toevlug - 'n skuilplek in tye van nood.

 

 

Manne Bediening

 

In ons gejaagde wêreld is die uitdaging wat aan ons mans gestel word, besig om elke dag toe te neem.

Dit raak soms moeilik om die balans tussen eggenoot, pa, oupa, vriend en professionele mens te vind.

 

In hierdie gejaag is daar so min tyd om stil te word, om ‘n slag asem te skep, jou hart oop te maak en na God te luister.

Elke Donderdag om 06:00 het ons ‘n gebedsgeleentheid waar ons manne kan stil word,

onsself kan oopstel om na God, na mekaar en na ons eie harte te luister.

Tyd vir gebed, ‘n koppie koffie en mede-broers wat ondersteun is ons strewe.

Ek nooi jou uit om deel van hierdie bediening te word.

Waar ons as mans op ons knieë voor God stil word,

sal ons kan staande bly te midde van die

uitdagings wat die lewe aan ons stel.

 


 

Dit was voorwaar weer ‘n voorreg en inspirasie vanaand.

Wat vanaand se mannegroep vir my beteken het:

Wanneer elkeen van ons by ‘n vergadering ingaan is daar die kans

dat jy “getap” gaan word van jou energie. Met die manne Bybelstudie groep,

is daar so ‘n magdom van kennis, nee, wysheid, wat gedeel word

dat ek met elke geleentheid versterk word tydens die samekoms. 

Dis kort, kragtig, insiggewend en opreg. Ek waardeer die manne van Alberton Suid.

Dit voel regtig soos ‘n tuiste waar almal ewe belangrike lede van dieselfde Liggaam is.

Dankie vir ‘n awesome samekoms.

Indien jou las swaar voel of jy sommer net nuuskierig is,

kom skakel gerus in by die manne Bybelstudie groep.

Ek was verras oor hoe goed en vernuwe

Ek na die tyd gevoel het.

Johan Bezuidenhout