Stephan Joubert skryf op e-kerk “Om te bid is een van die mees ooglopende maniere om te groei op jou geestelike reis. Lees jou Bybel, bid elke dag, het ons van jongs af geleer. Tog is baie van ons gefrustreerd met ons gebedslewe, of vind ons dat ons gebede nie die gewenste uitwerking het nie – wat daardie uitwerking ook al mag wees. Ons hoop is partykeer dat gebed soos ‘n magiese spreuk ons nader aan God sal bring, ons drome sal laat waar word, of bonatuurlike krag in ons eie lewens of die van ander sal ontsluit. Alhoewel al hierdie dinge altyd ‘n moontlikheid bly, is dit dalk tyd dat ons opnuut dink oor die rol en funksie van opregte gebed in ons lewens”. Met ons jaar tema: Méér God, is gebed tesame met die Woord van God die bekendste en mees effektiewe manier om nader aan God te kom deur doelbewuste en gedissiplineerde geloofsgewoontes te kweek.