PAULUS, ONS EN DIE LEEUS
Vir die volgende paar weke gaan ons op ‘n begeleide toer deur ‘n dieretuin. Ons gaan by sommige diere se hokke inloer om iets by die diere te leer oor geloof. Soms gaan ons in die Bybel ‘n geloofsheld soek wat iets van ‘n bepaalde dier vir ons uitbeeld en dan gaan ons by hom verder leer oor geloof.
Wees vooraf gewaarsku: Dis ‘n ander soort dieretuin as waaraan julle gewoond is en nie al die diere in die dieretuin is groot diere nie. Maar die toegang is gratis, so kom ons begin.